Author: koekterapie
Koek bak is terapie vir jou siel. So het ek uitgevind oppad na herstel van ‘n motor ongeluk en ‘n tyd na moederlief se afsterwe. Ek is nou 50 jaar oud en my jongste en vierde dogter is pas uit die huis op haar eie avontuur. Ek neem jou nou saam my in my persoonlike spasie om lief en leed met jou te deel en om te inspireer. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ek praat reguit, prontuit en noem ‘n ding op sy naam net soos dit is. Geen pretensie, ek is wie ek is en ek kry terapie om myself weer te ontdek deur koek te bak. Sit solank die ketel aan